Oewer Hotel - vanaf R800 / nag

4-ster luukse akkommodasie met verskeie kamers met óf dubbelbeddens óf twee enkelbeddens. Lugversorging, DSTV en balkon met dekmeubels by alle kamers. Storte in dubbelkamers. Bad met stort in gesinskamers. Ontbyt en aandetes beskikbaar by die Oewer Restaurant en Orania Rivier Spa binne loopafstand. Boomryke omgewing op die oewer van die Oranjerivier.

Foto's & Besprekings

AAN-DIE-OEWER Woonwapark - Selfsorg R180 + R10 pp / nag

Staanplekke met kragpunte. Gras, koelte, ablusiegeriewe, braaiplekke, visvangplek, piekniekarea en sleephelling. Restaurant wat uitkyk oor Oranjerivier. Ten volle toegeruste selfsorg eenhede. Twee volle badkamers (stort en bad), twee slaapkamers, mikrogolf, stoof, yskas, braaier, ens. Ook luukse selfsorg vir kleiner en groter groepe. Beddegoed word voorsien. Etes op aanvraag. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Foto's & Besprekings

Oewer Huise - vanaf R400 pp / nag

Deel van Oewerpark vakansieoord met geriewe soos spa, restaurant en koffiewinkel, toegang tot rivier. Hengel, kano en kajak geriewe. Swembad in aanbou. Lieflike natuurskoon.

Foto's & Besprekings

Springbok en Steenbok Huise - R500 / huis / nag (slaap 4)

Die Springbok en Steenbok selfsorghuise is ten volle toegerus. Een slaapkamer met dubbelbed en ingeboude kaste. Een sitkamer met slaapbank. Ideaal vir ouerpaar met twee kinders. Kombuis/eetkamer. Badkamer met bad en stort, toilet en wasbak. Stoep met ingeboude braaier. Deel van Oewerpark vakansieoord met geriewe soos spa, restaurant en koffiewinkel, toegang tot rivier. Hengel, kano en kajak geriewe. Swembad in aanbou. Lieflike natuurskoon.

Foto's & Besprekings

Huis Johanna - R295 pp / nag (4 - 9 persone)

Hierdie is 'n luukse dubbelverdieping houthuis met drie slaapkamers en twee badkamers. Lugversorging en 'n kaggel is beskikbaar vir u gerief. asook 'n borrelbad, DSTV en afdak. Geleë in die Oewerpark.

 

Foto's & Besprekings

Carpe Diem Gastehuis - R250 pp / nag

Die Carpe Diem gastehuis is geleë oorkant die Orania gemeenskaps swembad. Die pragtige selfsorg gastehuis het drie slaapkamers, 'n lieflike ruim woonarea en kombuis met twee badkamers. Agter die woning is braai geriewe met sy eie onderdak kuierplek. Hier kan van een tot sewe mense oornag. TV is ook beskikbaar.

 

Foto's & Besprekings

 

Carpe Diem Kothuis - huidiglik nie beskikbaar

Die Carpe Diem kothuis is geleë oorkant die Orania gemeenskaps swembad. Die pragtige selfsorg kothuis het 'n slaapkamer met 'n enkel en dubbel bed, 'n kombuis en 'n badkamer.

 

Foto's & Besprekings

Oranjesig Selfsorgeenhede - R780 / nag

Vier eenhede geleë in die Oewerpark. Elke huisie beskik oor twee slaapkamers (slaap 4/5), twee badkamers, toegeruste kombuis, eie afdak asook braaigeriewe en DSTV.

Foto's & Besprekings

Réhobot Gastehuis - R300 / nag (slaap 2)

Hierdie selfsorg gastehuis kan twee gaste huisves. Dit bestaan uit een kamer met twee enkelbeddens. Kombuis en badkamer met stort, toilet en wasbak. In Orania-Wes geleë.

 

Foto's & Besprekings

Réhobot Gastehuis - vanaf R400 / nag (slaap 5)

Groot selfsorg gastehuis kan tot vyf gaste huisves. Dit bestaan uit een slaapkamer met 'n dubbel- en enkelbed. In die sitkamer is 'n dubbel uittrekbank. Oopplan sitkamer en kombuis en 'n badkamer, daar is ook 'n kot beskikbaar. Geleë in Orania-Wes. R400 vir 1 of 2 gaste, R120 vir die 3de gas en R80p/p vir die 4de en 5de gaste.

 

Foto's & Besprekings

Hayes Tuishuis

Een-slaapkamer woonstel waar vier gemaklik kan slaap.  Volledig toegeruste kombuis.  Gesellig en privaat met eie tuintjie.  Braaivleisgeriewe, waaier en verwarmer. Koffie, tee en skoonmaakmiddels word ook verskaf. Ontbyt en aandetes is op aanvraag teen redelike pryse beskikbaar.  Daar is ook parkering beskikbaar en hondjies is welkom!

 

Foto's & Besprekings