Karoo Pekans

Karoo Pekans se visie is om net die beste kwaliteit neute beskikbaar te stel aan die Suid-Afrikaanse publiek regdeur die jaar.  Karoo Pekans se pekanneut boorde word biologies bewerk. Geen gifstowwe word gebruik om plantsiektes te bestry nie.  Bemesting is van natuurlike oorsprong. Boorde word volgens die EuropGap metode bedryf.  Karoo Pekans se verwerkingsaanleg is geleë op Orania in die Bo-Karoo - Oranjerivier gebied. Net die hoogste standaarde om voedselkwaliteit en voedselveiligeid te verseker word gehandhaaf.

 

Karoo Pekans groei in 'n A-graderings gebied. Die Bo-Karoo Oranjerivier gebied is van die beste pekanneutgebiede in Suid-Afrika. Die gebied beskik oor lang, warm en droeë somers, 'n kort winter met ryp, asook oor genoeg water. Karoo Pekans groei in amper ideale ekologiese toestande.

 

Produkte